Dit het onlangs op sosiale media gegons oor die jong man wat alleen op sy motorfiets deur Namibië ry en wat sy tent tussen Hentiesbaai en die Spitzkoppe verloor het.
Die tent het aan Gert Maré (29) van Ermelo, Mpumalanga in Suid-Afrika behoort. Gert het op 29 Desember vanaf Ermelo op sy motorfiets weggetrek en deur Botswana tot in Hentiesbaai gery waar hy by vriende gaan kuier het en sy toer deur Namibië begin het.
“Ek het besluit om een aand by die Spitzkoppe te oornag en het die grondpad vanaf Hentiesbaai aangedurf. Na ‘n baie erge sinkplaat pad het ek by die Spitzkoppe aangekom en opgemerk dat my tent skoonveld is. Ek bespreek toe vinnig ‘n staanplek by die kampplek en verduidelik dat ek moet terug jaag om my tent te gaan soek. Ek het my bagasie by hulle gelos en my soektog na die tent begin. Ongelukkig kon ek dit nie vind nie. Ek het toe vir my vriende in Hentiesbaai daarvan vertel. Hulle het dit op die ‘Hentiesbaai Gesels’ facebook bladsy gesit en dadelik het ek die hele Namibië op hol oor my verlore tent gehad. Ek moes daai nag onder die sterre slaap wat een van die mees asemrowende ervarings was wat ek nóg gehad het. Mens kan amper niks verruil om een aand daar onder die sterre te slaap nie, maar in my geval het ek my tent geruil en as dit die prys is sal ek elke keer my tent ruil. Dit was ‘n ontsagwekkende ervaring. My Facebook blad het gegons soos die mense praat van ‘Gert, sy ysterperd en sy verlore tent’. Tot vandag toe as ek by ‘n vulstasie of kamp plek aankom word ek gevra: “is jy Gert met die ysterperd? Het jy al jou tent gekry?” Dan moet ek eers ‘n foto saam met die mense neem. Gelukkig het ek die volgende dag deur Swakopmund en Walvisbaai gery waar ek toe vir my ‘n nuwe tent kon aanskaf. Wat ‘n ondervinding. Ek is soms lus en draai om en doen alles weer van voor,” het Gert gesê.
Gert het al van jongs af ‘n groot passie vir nie net motorfietse maar ook vir motors gehad.
“Ek het op elke motorfiets wat ek in die hande kon kry gery. Ek het elke voertuig se naam en self die grote van die enjin en die model nommer geweet. Ek het besluit om die toer aan te pak omdat ek nog altyd iets besonders wou doen en ek is mal oor die natuurskoon, avontuur en om so vry soos ‘n voël te voel. Hierdie is ‘n “once in a lifetime” ondervinding. Ek wou graag die kultuur en mense eerstehands kom beleef. Daar is niks lekkerder as om jouself te toets en emosionele en fisiese struikelblokke te oorkom nie.”
Gert is mal oor Namibië en sy mense. Hy kan egter nie se watter plek vir hom die mooiste so ver is nie omdat elke plek in die land so uniek is.
“Elke plek is die mooiste op sy eie manier. By elke plek is die een mens vriendeliker as die ander een en almal is altyd bereid om te help.”
Gert was alreeds in die meeste dorpe langs die Namiebiese kus en ook al in sommiges in die binneland.
“Ek is tans na 4 500 kilometer in Aus. Van hier sal ek Lüderitz toe ry om Kolmanskop te gaan besoek. Ek hoop om die wilde perde langs die pad te kry. Ek is dan van plan om teen die Oranjerivier af te ry tot in Oranjemund en dan terug na Suid-Afrika, maar eers nadat ek die Visrivercanyon gesien het en daar gaan kamp het.”
Gert het ‘n paar wyse woorde met al die jongmense gedeel.
“Gaan uit en leef jou visie, maak nie saak hoe laf dit vir die mense klink nie, gaan krap diep in jou hart en vind uit wie wil jy wees, nie wat nie maar wie. En leef dit uit. Mens kan nie iemand anders se visie uitleef nie so leef jou ware self uit op jou unieke manier. Moet nie bang wees om te verloor nie, anders sal jy jouself nooit druk nie. Alles wat ek al ooit aangepak het was ek bereid om te verloor. Moet nie laat die vrees vir wat kan gebeur niks laat gebeur nie. Jou drome gaan nie vanself waar word nie, werk jou gat af. En waar jy uitkom in die lewe word nie soseer bepaal deur waar jy begin het nie, maar of jy begin. Laastens as jy nie tyd het om iets die eerste keer goed te doen nie, dan het jy seker tyd om dit oor te doen.”