Die teerpad vanaf Oranjemund na Aussenkehr is nou ook vir verkeer gesluit wees die Oranjerivier wat in vloed is. Verlede week is die grondpad DR212 van Rosh Pinah na Aussenkehr al gesluit.
Atti Stoltz van die Oryx gastehuis op Oranjemund het gesê dat die Oranje nou al vir ‘n week sterk in die see inloop. “Dit is egter nog nie die hoogste wat hy al in die see ingeloop het nie. Ek woon nou al dertien jaar in Oranjemund en hy was al eenkeer hoer.”
Die rivier spoel sowat 20 kilometer voor Rosh Pinah oor die pad en net uitgekiesde voertuie mag deurry.
“Vroeër jare toe dit nog net grondpad was het die rivier altyd die pad verspoel en moes ons deur die Sperrgebiet na Lüderitz en dan Keetmanshoop toe ry. Toe hulle besluit het om die teerpad te bou het hulle die hoogste watermerk van 1997/81 gevat en die pad nog hoer gebou sodat daar in die toekoms geen probleem sal wees nie en Oranjemund nie meer afgesny sal word nie. Die water het nou al met die laaste twee vloede oor die teerpad gespoel.”
Alexander Maasdorp die dorp bestuurder van Rosh Pinah het gesê dat die ponton weens die styging in die watervlak van die rivier ook gesluit is. “Ons het gesien dat baie plaaslike verkopers en individue reeds van die plaaslike seisoenale produkte van Aussenkehr op die strate en in die markte van Rosh Pinah verkoop en van die grondpad gebruik maak. Die pad is op baie dele oorstroom, wat dit dus ontoeganklik maak en die pad is gesluit. Baie toeriste het in die afgelope maande van hierdie spesifieke pad gebruik gemaak. Rosh Pinah verloor inkomste van toeriste wat nie stop om brandstof te vul en voedsel en ander kruideniersware te koop. Inwoners wat daarna uitgesien het om na Aussenker en Noordoewer te reis vir die vakansie of 'n naweek wegbreek kan nou nie gaan nie.”
“Dit is my pleidooi aan almal wat op hierdie paaie langs die rivier reis of die rivier besoek, om uiters versigtig te wees. Die watervlakke kan oombliklik verander en daarmee saam is baie takke binne die strome wat mens dalk nie van die oppervlak af sien nie,” het Maasdorp gesê.
In Aussenkehr by die Norotshama River Resort het die water tot gister toe nog gestyg. “Ons trek strepe in die sand of pak bakstene en dan wanneer jy weer gaan kyk is hulle onder water,” het Lily-Pearl Brand gesê. Volgens haar het hulle baie kansellasies van toeriste gekry wat weens die paaie wat gesluit is nie die sowat 400 kilometer ompad na Aussenkehr via Keetmanshoop wil ry nie. “Die water vlooi nog steeds baie sterk en ons sien nog steeds bome wat meegesleur word. Dit is ongelooflik, die krag van die water en hoe breed die rivier vlooi.”