“Ek is baie ongelukkig oor wat vandag hier gebeur. Dit gaan vir die munisipaliteit miljoene kos om nie net die standbeeld te verwyder nie, maar ook om ’n ander een in sy plek op te rig.
“Die geld kon baie beter benut word. Daar is baie mense in die nedersettings rondom Katutura wat nie huise of toilette het nie. Hulle lewe in armoede. Die raadslede redeneer oor klein simpel goed en nie oor wat die massas daar in Katutura nodig het nie. Vir my is dit onnodige geldmors, maar dit is ’n tradisie van die munisipaliteit. As dit kom by geldmors, is hulle nommer een,” het Albert gesê.
“Ek werk hier naby en sien die toeriste wat elke dag hiernatoe kom, maar nie net hulle nie, ook Namibiërs wat hier kom foto’s neem want dit is deel van ons geskiedenis. Ek wonder of die persoon wat hulle in sy plek gaan opsit enigiemand sal trek?”
Albert was een van die handjievol mense wat gister tydens die verwydering van die Curt von Francois-standbeeld voor die munisipaliteit teenwoordig was.
Daphne was saam met haar broer en dogter daar.
“Ek is baie hartseer. Dit is deel van my geskiedenis as ’n Damara. Dit is iets wat gebeur het en wat ons nie kan verander nie, maar weens ons geskiedenis is ons wie ons vandag is en is die toekoms iets wat ons kan bepaal. So ons wou net van die laaste kans gebruik maak en ’n foto neem om die deel van ons geskiedenis te kan onthou,” het sy gesê.
Petrus woon in Havana en hy is ook ontsteld oor die geld wat die munisipaliteit eerder kon gebruik het om aan Havana-inwoners water, ablusiegeriewe en elektrisiteit te voorsien.
“Die man staan net daar en pla niemand nie. Ons sukkel, smeek en praat al baie lank met die munisipaliteit maar niks gebeur nie en kyk nou daar al die geld wat gebruik word.”
Brunhilde Cornelius, ’n vierde generasie-afstammeling van Curt en Amalia !Gwaxas von Francois het in die sosiale media namens haar broers, susters en familie ’n verklaring uitgereik.
“Dit is inderdaad ’n baie hartseer oomblik. Om die standbeeld te verwyder sal nie die geskiedenis uitvee of herskryf nie. Dit sal ons nie laat vergeet nie. Geskiedenis is daar om ons aan ons vorige foute te herinner en ons te help om beter te doen.
“Die verwydering van hierdie standbeeld sal nie die werkloosheid koers onder ons werklose gegradueerdes wat 70 persent van ons Namibiese jeug is, verlaag nie.
“Dit sal nie ons korrupte regering keer om ons te plunder en droog te suig nie. Ons is inderdaad baie bedroef en hartseer deur die verwydering van die standbeeld van ons oupagrootjie, maar hulle sal nooit die blou bloed wat in ons are vloei, kan verwyder nie. Soos die ou spreekwoord sê: Geskiedenis is sekerlik in klip geanker.”
Volgens raadslid Job Amupanda moes gister se verwydering van die standbeeld al lankal gebeur het.
“Ons argumente is baie eenvoudig. Mense sy hy is die stigter van Windhoek en dit is net nie waar nie. Ons weet dit is nie waar nie en dit beëindig enige gesprek. Ons wil nie hê dat daar artefakte of standbeelde in enige openbare plekke is wat ’n leuen verteenwoordig nie. Ons het die doelbewuste besluit geneem om hom te verwyder. Nou moet ons openbare gesprekke voer om te besluit wat ons is sy plek moet oprig. Ons het ’n paar voorstelle gekry, maar ons het besluit om openbare gesprekke te voer.”
Amupanda het een vir een die gedenktafels in Engels, Afrikaans en Duits afgehaal en voor die standbeeld op die gras neergesit met die woorde: “Dit is nog ’n leuen dat hy Windhoek in 1890 gestig het. Ons weet Jan Jonker en sy mense was al in 1850 hier. So hiermee het die leuen geval,” het hy gesê en toe die standbeeld vanaf sy basis gelig is het hy daarop geklim.