Von Francois-standbeeld verwyder

Die Windhoekse munisipaliteit het bekendgemaak die omstrede standbeeld van Kurt von Francois word môreoggend (Woensdag) verwyder. Die munisipaliteit het onlangs die verwydering van die standbeeld goedgekeur ná jare van druk en protes deur jeugaktiviste. Von Francois het in 1893 opdrag gegee vir die slagting by Hoornkrans waartydens Nama-vroue en -kinders gesterf het.