'Bitterlief' eersdaags in Namibië

Die Nederlandse musikant Stef Bos is eersdaags in die hoofstad en in Swakopmund te sien met 'Bitterlief'. Hierdie album is sy negentiende studioalbum wat verlede jaar vrygestel is en met ’n teatertoer gepaard gegaan het.

Met die Bitterlief-toer het Stef in Suid-Afrika, Nederland en België opgetree.

Die album was vir twee weke een van die top 100 albums in Nederland en het sy piek op 53ste plek bereik. Die album het ook vir vyf weke op die Flaamse Ultratop200 verskyn en het sy piek op hierdie lys in 22ste plek bereik.

- [email protected]