Te midde van toenemende openbare debat en kommer in die toerismebedryf, het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bewerings verwerp dat die Sossusvlei-pendelbuskonsessie selfry-toeriste uitsluit.
Volgens die ministerie bly onafhanklike reisigers welkom en het hulle sonder beperking toegang tot een van Namibië se mees ikoniese bestemmings. Die ministerie het beklemtoon die konsessie wat binne die Namib-Naukluft Park bedryf word, verbied nie selfry-besoekers nie. Dit verhoed ook nie toeroperateurs en lodges wat by die Namibië Toerismeraad (NTB) geregistreer is, om sake by Sossusvlei te doen nie.
Volgens ’n verklaring sê die ministerie die doel van die konsessie word wyd misverstaan.
Eerder as om ’n toer of ’n besoek aan die gewilde toeristebestemming te beperk, is die doel om aktiwiteite te reguleer wat ’n risiko vir die brose woestynomgewing inhou.
Beperkings geld slegs vir ongeregistreerde operateurs, voertuie soos busse en vragmotors wat die omgewing beskadig, asook 2x4-voertuie wat nie die laaste gedeelte suksesvol sal kan aanpak nie.
“Hierdie maatreëls is nodig om die integriteit van Sossusvlei as ’n Wêrelderfenisgebied te beskerm,” het die ministerie beklemtoon, met onbeheerde verkeer en onvanpaste voertuie wat beide die ekosisteem en besoekersveiligheid bedreig.
Volgens die verklaring verhinder die konsessie nie ander operateurs om in die gebied te werk nie. Die ministerie het egter gesê net die konsessiehouer is gemagtig om besoekers van die aangewese 2x4-parkeerarea op te laai en verder te neem. Dié stelsel is ontwerp om verkeersopeenhoping te verminder, voertuigbeweging te beheer en die omgewingsimpak langs die sensitiewe duinkorridor te beperk.
Die hernude versekering aan die kant van die ministerie volg nadat About Africa Co., deur Adelt Sossusvlei Concession Management, gesê het hulle begin om die volgende fase van hul konsessie-ooreenkoms met die ministerie te implementeer. Hiervolgens sou selfry-besoekers vanaf gister toegang tot die 4x4-gedeelte van die konsessiegebied verbied word wat vir dekades onbeperkte toegang gegee het tot die laaste stuk wat na Dooievlei, Big Daddy en Sossusvlei lei.
Maar maan die ministerie, selfbestuurtoerisme word nie ingekort nie, maar eerder meer volhoubaar bestuur.
About Africa het nie op die ministerie se verklaring gereageer nie. Die verwarring tussen die twee entiteite is of About Africa ’n nie-eksklusiewe of eksklusiewe konsessie het.
Volgens die oorspronklike kennisgewing aan bieërs wat in 2023 gepubliseer is, bestaan die konsessie uit ontwikkelingsregte wat die eksklusiewe reg insluit om ’n kampeerterrein met gepaardgaande ondersteuningsinfrastruktuur by Farm Arbeid Delt binne die Namib-Naukluft Park te ontwikkel en te bedryf.
Dit behels verder die nie-eksklusiewe reg om ’n pendeldiens vanaf die Sossusvlei 2x4-parkeerarea na Dooievlei te bedryf. Dit sluit ook ’n eksklusiewe reg in om ’n klein kiosk by die Sossusvlei-parkeerarea te ontwikkel en te bedryf. About Africa het verlede week toekomstige premium-pakkette angekondig wat insluit invlieg-daguitstappies, portier-styl-vervoer en saamgestelde oornaguitstappies.
Die woordvoerder van die toerismeministerie, Vilho Hangula, het egter aan Network Media Hub (NMH) gesê dat dit nie moontlik om in Sossusvlei te oornag nie en het spesifiek na fotografiese doeleindes verwys.
“Dit is nie toelaatbaar om hier vir fotografiedoeleindes te oornag nie. Daar was al ’n paar geleenthede waar sommige besoekers hul kameras outomaties daar gelaat het in die hoop om die naguitsig vas te vang, maar hulle het dit op eie risiko gedoen. Dit is nie moontlik nie.”
Toeroperateurs het kommer uitgespreek oor beplande prysverhogings na Sossusvlei en watter maatreëls in plek is om te onderskei tussen geregistreerde en ongeregistreerde toeroperateurs wanneer 4x4-motorverhuringsdienste sonder handelsname gebruik word.
Intussen het die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, waaronder die Toer- en Safarivereniging van Namibië (TASA) val, gesê dat dit gepas is om eers duidelikheid van die owerhede te kry oor die presiese parameters van die “nuwe ooreenkoms” voordat hulle verklarings maak.
– [email protected]