Namibiese jagluiperds kom in Indië aan

Die hervestiging van jagluiperds in Indië het uiteindelik ‘n werklikheid geword toe ’n spesiale vliegtuig met agt jagluiperds aan boord Vrydag vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vertrek het op ‘n 11 uur lange vlug na Madhya Pradesh se Kuno Nasionale Park.

‘n Boeing 747 het reeds Woensdag by dié lughawe geland om die jagluiperds na Indië te vervoer, wat al die afgelope 70 jaar in dié land uitgesterf is.

Volgens die Cheetah Conservation Fund (CCF) het sy personeel saam met die jagluiperds gereis om te verseker die drie mannetjies en vyf wyfies, almal tussen twee en vyf-en-‘n-half jaar oud, kom veilig by hul bestemming aan.

Namibië skenk dié eerste agt jagluiperds as deel van ‘n meerjarige ooreenkoms om die spesie te help bewaar deur Indië se Project Cheetah.

Die CCF het gesê die sending het Vrydagmiddag begin, toe die jagluiperds van die CCF-sentrum na die lughawe vervoer is. “Na ‘n kort seremonie om Namibië se skenking en die belangrikheid van dié sending te erken, sal die jagluiperds op ‘n private B747-straler gelaai word. Die vliegtuig sal oornag vlieg en teen dagbreek in Jaipur, Indië, land,” het die CCF gesê.
Die Oranjerivier by Aussenkehr wat in vloed is. Foto verskaf
No Image Caption
Fact 6
Did you know...?
  • November 27, 2022
No Image Caption
Did you know...?
  • November 26, 2022