Dryf op water tussen duine

  • 4 Months Ago
  • Tourism
Chené de Beer van Rustenburg, Suid-Afrika, het Sossusvlei in Mei saam met haar ma besoek. Die vlei het aan die begin van Februarie vanjaar vol water geloop en Chené het besluit om haar swembadmatras in te pak. Met hul aankoms in Sossusvlei het sy die vlei met haar matras getrotseer. Sossusvlei word net deur die Tsondab- en Tsauchabrivier gevoed en was in 2000, 2006, 2011 en 2021 ook vol water. Foto Johan de Beer