Henties se glyplank bly dié Desember toe

Een van Hentiesbaai se grootste toeristeaantreklikhede se hekke sal dié feesseisoen gesluit bly.

“Die vorige huurders se kontrak het verval en ’n raadsbesluit is geneem om hul huurkontrak met nog drie maande te verleng tot Februarie vanjaar. ’n Tender is daarna geadverteer, maar die tenderaars het nie aan die vereistes voldoen nie.

So het Hentiesbaai se uitvoerende hoof, me. Elizabeth Coetzee, oor die gewilde waterglyplank in die dorp, wat bekend staan as die Supertube, gesê.

Sy sê die geriewe sal tans nie hordes vakansiegangers kan akkommodeer nie.

“Die geriewe is tans nie geskik vir mense om te gebruik nie. Van die ablusiegeriewe is byvoorbeeld nie op standaard nie. Die munisipale raad is tans besig om te kyk hoe dit opgegradeer kan word,” het sy gesê.

Die dorp se burgemeester, mnr. Lewies Vermaak, het egter gesê die munisipaliteit maak steeds gereed om vakansiegangers te ontvang.

“Ek dink die mense het die wegbreek nodig ná Covid, so ons is tans besig om die dorp mooi en skoon vir vakansiegangers te maak,” het hy gesê.

[email protected]
„Only Stars Know the Meaning of Space“ is a literary Mixtape and recommended by: Book Den, Windhoek
Book hint of the week
  • September 18, 2025
No Image Caption
Museums in Namibia
  • September 16, 2025
This is part of the Särö peninsula. This photo was captured when it was very foggy outside. Photo is licensed  by Creative Commons
Tourism Highlights
  • August 16, 2025
No Image Caption
Museums in Namibia
  • August 15, 2025