Henties se glyplank bly dié Desember toe

Een van Hentiesbaai se grootste toeristeaantreklikhede se hekke sal dié feesseisoen gesluit bly.

“Die vorige huurders se kontrak het verval en ’n raadsbesluit is geneem om hul huurkontrak met nog drie maande te verleng tot Februarie vanjaar. ’n Tender is daarna geadverteer, maar die tenderaars het nie aan die vereistes voldoen nie.

So het Hentiesbaai se uitvoerende hoof, me. Elizabeth Coetzee, oor die gewilde waterglyplank in die dorp, wat bekend staan as die Supertube, gesê.

Sy sê die geriewe sal tans nie hordes vakansiegangers kan akkommodeer nie.

“Die geriewe is tans nie geskik vir mense om te gebruik nie. Van die ablusiegeriewe is byvoorbeeld nie op standaard nie. Die munisipale raad is tans besig om te kyk hoe dit opgegradeer kan word,” het sy gesê.

Die dorp se burgemeester, mnr. Lewies Vermaak, het egter gesê die munisipaliteit maak steeds gereed om vakansiegangers te ontvang.

“Ek dink die mense het die wegbreek nodig ná Covid, so ons is tans besig om die dorp mooi en skoon vir vakansiegangers te maak,” het hy gesê.

[email protected]
Cobbled Old Tremola Road to the St Gotthard pass. Photo is licensed under the Creative Commons
Tourism Highlights
  • January 18, 2026
Photo: Living Culture Foundation Namibia (LCFN)
Museums in Namibia
  • January 17, 2026
Das Buch „Mit Löwengebrüll in den Flieger“ von Claudia Tülp wird von der Swakopmunder Buchhandlung empfohlen.
Buchtipp der Woche
  • January 15, 2026
View from Björkliden across the northern part of Abisko National Park to Lapporten, a striking trough valley - In the foreground: European Route 10 on the shore of Lake Torneträsk and the ore railway tunnel on the slope of the 1169 m high mountain Nuolja - In the valley on the left: the village of Abisko. Photo is lisenced by Creative Commons
Tourism Highlights
  • January 10, 2026