Drie NWR-oorde teen einde Desember opgeknap

Namibia Wildlife Resorts (NWR) het bevestig opknappings by drie van sy oorde sal teen 20 Desember voltooi wees. Dit is die Hardapdam-oord, Ai-Ais en Sossus Dune Lodge. Volgens die NWR sal laasgenoemde 'n dek en wandelpad tot by kamers insluit. By die Hardapdam sluit die opknappings nuwe dakke en die verf van die bungalows in, terwyl die buitenshuise swembad en die hele kampterrein by Ai-Ais opgeknap word.